Jan Peter Balkenende

Jan Peter Balkenende
Jan Peter Balkenende
Jan Peter Balkenende in 2006

Ampstermyn
22 Julie 2002 – 14 Oktober 2010
Monarg Beatrix
Voorafgegaan deur Wim Kok
Opgevolg deur Mark Rutte

Leier van die CDA in die Tweede Kamer
Ampstermyn
23 November 2006 – 21 Februarie 2007
Voorafgegaan deur Maxime Verhagen
Opgevolg deur Pieter van Geel
Ampstermyn
23 Januarie 2003 – 21 Mei 2003
Voorafgegaan deur Maxime Verhagen
Opgevolg deur Maxime Verhagen
Ampstermyn
1 Oktober 2001 – 11 Julie 2002
Voorafgegaan deur Jaap de Hoop Scheffer
Opgevolg deur Maxime Verhagen

Politieke leier van die CDA
Ampstermyn
1 Oktober 2001 – 9 Junie 2010
Voorafgegaan deur Jaap de Hoop Scheffer
Opgevolg deur Maxime Verhagen

Persoonlike besonderhede
Gebore 7 Mei 1956 (1956-05-07)
Biezelinge, Nederland
Politieke party CDA
Eggenoot/-note Bianca Hoogendijk (1996–hede)
Kind(ers) 1
Alma mater Vrije Universiteit
Religie Protestantisme
Handtekening

Jan Peter Balkenende (gebore 7 Mei 1956 in Biezelinge, provinsie Zeeland) is 'n Nederlandse christen-demokratiese politikus. Hy is 'n lid van die politieke party Christen-Demokratiese Appèl (CDA). Van 1 Oktober 2001 tot 9 Junie 2010 was hy partyleier en van 22 Julie 2002 tot 14 Oktober 2010 Eerste Minister van Nederland.

Voor dit was hy as volksverteenwordiger lid van die Tweede Kamer en professor aan die Vrije Universiteit Amsterdam. Sedert 1 Desember 2010 is hy besonder hoogleraar aan die Erasmus Universiteit Rotterdam en sedert 1 April 2011 ook vennoot by Ernst & Young geword.

Balkenende het geskiedenis en in die regte gestudeer. Hy is getroud en het 'n kind. Hy is lid van die Protestantse Kerk in Nederland.


Developed by StudentB